Die wenner van die Meganisasiegids 2008 vir 'n adverteerder op die trekkerwerf-webwerf is mnr. Arnold Markram van Upington.
Hy het in November 'n advertensie op Landbou.com se www.trekkerwerf.co.za uitgeneem.
Die webwerf is 'n Landbouweekblad-inisatief, waarop adverteerders enige landboumasjinerie kan adverteer. Advertensies word 'n maand lank op die webwerf vertoon. Die tarief is 'n billike R70 (BTW ingesluit.)
Betaling geskied per kredietkaart op 'n veilige, geakkrediteerde betalingsplatform.
Die Meganisasiegids 2008 is geskryf deur 'n landbou-ingenieur, mnr. Koos le Roux.
2 Desember 2008