AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28
Skenk 'n artikel

Werktuie maak skaapwerk maklik

akkreditasie
Deel jou intekenaarartikels.
Jy het 3 artikels om hierdie maand te deel. Stuur hierdie storie aan 'n vriend!
Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
Laai tans...
Besig om te laai. Wag asseblief...
Die Kanna-skaapvervoerband neem skape vanuit ’n drukgang na ’n V-vormige werkplatvorm waar die skaap liggies vasgeklem en omgekantel word om gedoseer te word. As die proses klaar is, word die skaap uitgestoot en beland weer netjies op sy pote. Die werkruimte is 3 m lank, en die spoed van die vervoerband is aanpasbaar. Dit word aangedryf deur twee elektriese motortjies van 1,1 kW elk. ’n Verhewe staanplek vir die operateur wat die diere doseer, is aan die een kant gemonteer. 
PRYS: R97 750. NAVRAE: Kanna Industries, Worcester; mnr. Willa Nolte, 072 333 1051.
Die Kanna-skaapvervoerband neem skape vanuit ’n drukgang na ’n V-vormige werkplatvorm waar die skaap liggies vasgeklem en omgekantel word om gedoseer te word. As die proses klaar is, word die skaap uitgestoot en beland weer netjies op sy pote. Die werkruimte is 3 m lank, en die spoed van die vervoerband is aanpasbaar. Dit word aangedryf deur twee elektriese motortjies van 1,1 kW elk. ’n Verhewe staanplek vir die operateur wat die diere doseer, is aan die een kant gemonteer. PRYS: R97 750. NAVRAE: Kanna Industries, Worcester; mnr. Willa Nolte, 072 333 1051.

Skaapboere kon hulle vanjaar verlustig in al die nuwe skaapwerktoerusting wat op die Nampo Kaap-ekspo op Bredasdorp vertoon is. Pryse sluit BTW in.

Dié roteerbare drukraam vergemaklik die vloei van skape in ’n drukgang. Dié besonderse raam het ’n hek wat met ’n balansgewig 1 m hoog opgetrek kan word sodat die skape onderdeur kan hardloop. Die opgetrekte hek word dan tot by ’n verlangde posisie bo-oor die diere geswaai en daar laat sak. Dit verseker die konstante vloei van skape in ’n drukgang en werksituasie. Dit is duursaam en van gegalvaniseerde staal gemaak. PRYS: R39 675. NAVRAE: Agritech Steelworks, Stellenbosch; mnr. Corné Serfontein, 084 508 1011.
’n Verskuifbare skeerhok wat aan die vereistes van die Responsible Wood Standard voldoen, is ideaal vir kleiner wolskaapboere wat minder skape skeer. Dit is versoenbaar met gewone verskuifbare skaaphekkies en kan maklik verskuif word. Die skeerhok is 2,8 m lank en 1,2 m hoog. PRYS: R5 008. NAVRAE: Baden Staalwerke, Caledon; mnr. Sas de Kock, 083 273 8369.
’n Mens werk baie makliker met lamhokke en -hekkies van plastiek as met dié van yster. Plastieklamhokke en -hekkies vir kleinvee is in verskillende lengtes beskikbaar en net so duursaam soos die ysterprodukte. Dit word volgens die spesifikasies van elke klant vervaardig, maar is ook beskikbaar in standaardlengtes van 1,5 m lank en 1 m hoog wat 3,8 kg weeg. Dit koppel aan hoeke met ringetjies wat oor ’n plastiekpyp pas. Plastiektraliewerk vir bakkies word ook gemaak. PRYS: R175 (standaardhekkie). NAVRAE: Hekkies, Bloemfontein; me. Nadia van Staden, 072 228 8807.
Die Easyload Deck-dubbeldek- vervoerwa met vier wiele kan tot 40 ooie op ’n slag vervoer. Die skape loop met ’n verwyderbare baan op na die boonste dek. Die boonste dek is ook verwyderbaar indien beeste vervoer moet word. Dan is daar plek vir vier koeie of twee bulle, of selfs twee perde. Die maksimum gewig wat die wa kan dra, is 2,3 ton. Die wa is van aluminium gemaak en sy onderstel van gegalvaniseerde staal. PRYS: R155 250. NAVRAE: Mampro SA, Darling; mnr. David Tullie, 082 603 5516.
Die Kokama-selfvoerder vir skape kan 1,2 ton gemaalde voer hou. ’n Boer koop dit in panele wat self aanmekaargesit kan word waar hy die voerder wil hê. Die panele is van 2 mm- en 1,6 mm- gegalvaniseerde plaat gemaak. Dié voerder is deel van ’n reeks wat wissel van 700 kg tot 2 000 kg. PRYS: R14 375 (2 000 kg-model, links).NAVRAE: Mnr. Kobus Botha, 083 654 7465.
Die TalTec-spuitdipgang vir skape maak dit maklik om skape te dip. Skape word deur ’n drukgang na die spuitgang gelei, waarin 14 spuitpunte reg rondom gemonteer is om die dier van alle kante te bespuit wanneer dit deurbeweeg. PRYS: R19 550 (pomp uit- gesluit). NAVRAE: LMI Skale, Bredasdorp; mnr. Pieter Mostert, 079 497 5509.
Dié elektries-aangedrewe wolpers pers wol hidroulies in die perskas saam tot die verlangde digtheid, waarna penne bokant die geperste wol ingedruk word om dit in posisie te hou. Die pennestelsel werk anders as heelwat ander wolperse, waar penne deur die saamgeperste wol gedruk word. Die wolbaal word dan outomaties aan die agterkant uit­gegooi. Dit is maklik verskuifbaar op wieletjies en kan ook kleiner vou om dit byvoorbeeld deur lae deure te kry. PRYS: R41 400 (slegs wolpers), R55 200 (met ’n skaal ingesluit). NAVRAE: Kanna Industries, Worcester; mnr. Willa Nolte, 072 333 1051.
Shovel van Riversdal en W&W Krippe van Nigel het saam hul water- en voerkrippe van beton vir skape en beeste vertoon. Die grootte wissel van 20 liter tot 1 200 liter. Dit is duursaam, bestand teen natuurelemente en die son, en diere kan dit nie skuif of omkeer nie. PRYSE: Vanaf R540 (20 liter) tot R2 270 (1 200 liter, foto regs), en voerbakke van R940 (skape) tot R1 470 (beeste). NAVRAE: Mnr. Koos de Jager (Shovel), 084 587 5471; Wimpie Meyer (W&W), 082 789 4777.

Lees die volle storie
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.94
+0.7%
Rand - Pond
19.29
+0.2%
Rand - Euro
17.26
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,636.57
+0.9%
Silwer
18.69
+1.8%
Palladium
2,104.00
+3.0%
Platinum
861.50
+1.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,565
+0.5%
Alle aandele
63,960
+0.5%
Hulpbronne 10
56,998
+1.4%
Industriële 25
79,129
-0.5%
Finansiële 15
14,206
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot