
Die vervaardiger Spaldings se model 1720-grootmaatsak-uithaler is vir die oes van aartappels, uie en patats gebou. Sy vermoë hang van die opbrengs af, maar kan in die algemeen 2-2,5 ha produkte per dag oes, oftewel ongeveer 100 ton per dag. Werkers staan op die platforms aan weerskante, haal die aartappels tussen die ongewenste materiaal, soos kluite, uit en plaas dit op ’n vervoerband, wat dit dan in grootmaatsakke stort. Prys: R703 500. Navrae: 058 863 7082.

Hierdie werktuig van Spaldings is geskik vir sandgrond en kombineer verskillende take, naamlik die uithaal van aartappels en plasing daarna in ’n sleepwa wat langsaan loop, terwyl die aartappels ook in grootmaatsakke gesit word wanneer die wa vol is. Dit kan sowat 4 ha per dag oes. Prys: R1 023 500. Navrae: 058 863 7082.

Hoëtegnologie-aartappelplant is selfs meer presies met die Isobus-beheerde AVR Ceres 440-vierrywerktuig. Uit- staande kenmerke is dat elke ry onaf- hanklik kan plant wat tempo, spasiëring, moergrootte en verskeidenheid betref. Altesaam 40 sorgvuldig gevormde kop- pies op elke ry se afleweringsband verse- ker deurlopende presisie teen hoë plant- spoed. ’n Outomatiese opsporingstelsel waarsku die trekkerbestuurder wanneer moere nie deurlopend geplant word nie sodat die oorsaak nagegaan kan word. Die AVR Ceres 440 is toegerus met getande dekskywe van 510 mm in deursnee waar- van die werkwydte en druk maklik verstel kan word vir optimale bedekking van die aangeplante moere. Dié planter kan ook toegerus word met ’n Horstine-korrel- toediener, Delvano-spuitstel en ZIBO-poeiereenheid om sy vermoëns verder uit te brei. Prys: Vanaf R977 500. Navrae: Uniekum Landboumasjiene, 021 981 3516.

Die nuwe, verbeterde ontwerp van die Grimme WV-reeks-uieuithaler wat deur ’n trekker gesleep word, is meer robuus gebou vir Suid-Afrikaanse toestande. Dit is nou beskikbaar in inlaatwydtes wat wissel van 135 cm tot 200 cm. Die gedraaide vierkantige rotoras vir uithaal, beweeg ongeveer 20 mm onder die uie in die grond en help om dit vooraf los te maak sodat minder grond van uitgehaalde uie geskud en gesif hoef te word. Borsels by die inlaat verseker sagter hantering van die uie. Die individuele snelhede van die twee webbe is hidroulies verstelbaar om by grondtoestande te pas, en die skudders word hidroulies aangedryf sodat grond beter van die uie gesif word. Aan die agterkant is ’n hidroulies aangedrewe skop wat toegemaak kan word wanneer die werktuig ’n wenakker nader om te draai. Dit voorkom dat geoeste uie uit die uithaler val totdat die draai voltooi is. Die skop kan weer gelig word om die geoeste uie op die gewasland te laat val. Prys: Vanaf R483 000. Navrae: Dormas, 082 363 6707.