AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Werktuigskou - sonder ploeg!

Op die naasgrootste werktuigskou in Brasilië is daar geen ploeg te sien nie, want dit is in die hartland van geenbewerkingstelsels waar 95% van die boere hulle ploeë gebêre het!

Op die naasgrootste werktuigskou in Brasilië was daar geen ploeg te sien nie, want dit is in die hartland van geenbewerkingstelsels waar 95 % van die boere hulle ploeë gebêre het en nou in die oesreste en stoppels werk om hul grond teen erosie te beskerm en ook die struktuur daarvan te verbeter.

In die program vir ons besoek aan Brasilië is aangedui dat ons 'n tipiese landbouskou gaan besoek. In my geestesoog het ek honderde Brahmane, ander snaakse plaasdiere en dansende meisies in veelkleurig wye rompe gesien.

Toe ons voor die hekke stilhou van die Cotrijal-skou, so 'n uur se ry van Passo Fundo in die mees suidelike staat van Brasilië, was dit net die veelkleurige lap van my verbeeldingsprentjie wat daar was, maar in die vorm van honderde vlae. Is die Brasiliane nie trots op hul landsvlag en die vlae van hul ondernemings nie!

En binne sien ons die netjiesste implementeskou waarop ek nog was. Keurige uitstallings, skoon geplaveide paadjies, interessante en aantreklike uitstallings, skoon drinkwater uit kraanfonteintjies elke sowat 100 meter, skoon badkamers en nie 'n papiertjie wat rondlê nie. Én toegang is gratis! Ons is in die hartland van geenbewerking. 'n Heuwelagtige gebied met baie hoë reënval waar gronderosie die boere gedwing het om 'n alternatief vir die ploeg te soek. Waar die regering, wetenskaplikes, vervaardigers en boere saamgespan het om 'n stelsel te ontwikkel wat die milde reën kan vasvang en die vrugbare grond weer los en gewasvriendelik kon maak.

Die resultate van daardie samewerking en vindingrykheid is op die skou te sien, veral planters, spuittoerusting en bemestingtoedieners wat ideaal inpas by die benadering van so min grondversteuring as moontlik vir 'n volhoubare boerderystelsel wat goeie opbrengste en winste oor die lang termyn sal verseker.

Derduisende besoek skou

Aan die stuur van die merkwaardige werktuigskou staan mnr. Gelson Melo de Lima. Hy sê die skou is nou agt jaar oud en die grond en infrastruktuur is verskaf deur landboukoöperasies van die omgewing met 4 000 lede.

Uitstallers betaal vir hul uitstalruimtes maar die bestuur poog om met borgskappe dit binne die bereik van almal te hou en kry hulle dit reg om toegang vir besoekers gratis te hou.

Die skou word elke jaar oor vyf dae aangebied en die oogmerk is om net mense te lok wat werklik in die landbou belang stel. Daarom is daar geen vlooimarkte of uitstallings wat van ander bedrywe nie. Só kry hulle dit reg om gemiddeld 120 000 mense oor die vyf dae te lok.

Lede van die koöperasies plant die gewasse wat tydens die demonstrasies gebruik word en daar is elke dag gewasse beskikbaar om van kuilvoerkerwers tot stropers in aksie te vertoon en dan is daar ook grond met oesreste op om die planters en kunsmisstrooiers vir geenbewerkingstelsels te laat werk.

  • Die volledige artikel oor Andries Gouws se besoek aan die skou word in die Landbouweekblad-uitgawe van 1 Junie gepubliseer.

    21 Mei 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot