Dít ondanks die verwagting dat die swakker ruilwaarde van die rand 'n demper daarop sou plaas.
Verlede maand is 300% meer stropers en bykans 69% meer trekkers verkoop as in dieselfde maand verlede jaar. Waarnemers in die bedryf was verras oor die goeie sake wat gedoen is. Dit was die hoogste verkope sedert Desember 1988.
Gewoonlik is Desember die traagste maand vir die landbouwerktuigbedryf, sê mnr. Leon Pretorius, voorsitter van die SA Landboumasjinerieassosiasie.
Die aanduidings is dat boere wat goeie oeste verlede jaar gelewer het, die geleentheid gebruik het om verouderde toerusting te vervang. Ander het skynbaar besluit om die verwagte swakker rand weens die ekonomiese onbestendige toestande voor te spring.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 23 Januarie 2009.
20 Januarie 2009