"Dit is goed en wel om ongeduldig te raak oor dinge in Suid-Afrika,” waarsku oom Kallie Schoeman van die Schoeman-boerdery by Delmas my laasweek oor ’n redakteursbrief wat ek vir die nuwejaarsuitgawe geskryf het.
“Maar ons durf nie gatvol raak nie.” Ek stem volkome saam, oom Kallie. Die luukse van gatvol raak, is ons nie beskore nie. Soos ’n bok wat moeg gehardloop is deur ’n trop wildehonde, is dit neusie verby as ons gaan lê. Solank daar planne te make is, moet ons aanhou try.
Dit is daarom lekker om me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, se brief aan die land se boere in hierdie uitgawe te lees.