Dit was die bekende en gewoonlik heel optimistiese Johannesburgse makelaar David Shapiro wat baie mense se gevoelens oor pres. Cyril Ramaphosa se onlangse beleggingberaad mooi saamgevat het in sy Twitter-kommentaar oor die mooi broodjies wat weer daar gebak is.
’n Saamtrek waar baie van Suid-Afrika se topsakemense bymekaar gekom het om allerhande stories te vertel oor die bykans R1,5 duisend miljard wat hulle beoog om in die ekonomie te belê.
Maar ondanks al die beloofde geld (wat natuurlik uiters welkom is), kan die land steeds geen ekonomiese groei daarvoor wys nie.