Die Prof. Mohammad Karaan-gedenklesing wat nou jaarliks op Stellenbosch aangebied gaan word ter nagedagtenis aan Karaan wat verlede jaar ontydig aan covid-19 oorlede is.
Dit was juis sy unieke perspektief op Suid-Afrika se probleme wat sy heengaan so ’n groot verlies maak. Vanjaar is die eerste lesing deur Kuben Naidoo, adjunk-goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, gelewer, en daar was werklik min waarmee ’n mens nie kon saamstem nie.
“Die landbou het ’n toegewyde landboubank nodig. Dit moet jaarliks ’n subsidie uit die fiskus ontvang en suksesvolle swart kommersiële boere vestig,” was, onder meer, sy raad. Seker ’n bietjie soos die Land Bank veronderstel is om te wees, maar net met kundiger bestuur en duideliker doelwitte, of hoe?