Die meevallertjie is dan dat insekte, voëls en knaagdiere wat die nektar en stuifmeel vreet, ook sommer vir ’n langer tyd kos het. Só wen almal uiteindelik.
Ja, ’n individuele rooibok boet met sy lewe om ’n leeu te voed, maar die hele stelsel word sterker en veerkragtiger wanneer swakker diere verwyder word. Dit is juis dié ewewig waarna baie boere in hul eie boerdery streef.
Aangepaste diere wat reg wei, stimuleer die veld om meer en ’n groter verskeidenheid plante op te lewer — ’n klomp ekstra goedkoop voer (en medisyne) vir die boer.