Dít nadat ’n uitvoerprotokol vir sojabone middel Julie deur die onderskeie regerings onderteken is. Die department van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en Graan SA verdien ’n groot pluimpie daarvoor.
Dit kom op ’n goeie tyd. Plaaslike sojaboonproduksie staan tans op ’n rekordvlak van 2,09 miljoen ton. Suid-Afrika se verwagte oordragvoorraad teen die einde van die seisoen staan op 377 800 ton — ondanks 50 000 ton se uitvoer. Besonders!
Met sojabone wat tans winsgewender as die meeste ander somergewasse is, word rekordaanplantings ook voorspel. Veral noudat beter kultivars hoër opbrengste lewer en omdat sojabone meestal minder kunsmis as byvoorbeeld mielies benodig. (Genadiglik is kunsmispryse darem aan die daal.)