Hoekom kyk ons dan nie hoe ons bure dit regkry nie? Pieter Taljaard, uitvoerende hoof van Graan SA, vertel my onlangs hoe hy ’n bietjie gaan oplees het oor wat ekonomiese vryheid nou eintlik beteken.
Hoe dit die basiese reg van enige individu is om te werk, te vervaardig, te verbruik en te belê soos hy of sy goeddink. Verbeel jou net die EFF begin sy naam gestand doen en begin baklei vir regte ekonomiese vryheid, merk Pieter met ’n skalkse glimlag op.
Natuurlik moet daar perke wees op hoe ver ekonomiese vryheid kan strek. Die gevaar wanneer wins tot elke prys nagejaag word, word goed vasgevang in die uitstekende dokumentêr The Inside Job op Netflix.