Dit was ongelooflik dapper. Die manier hoe ’n handjie vol Oekraïnse soldate wat ’n piepklein eilandjie in die Swartsee bewaak het, die middelvinger vir ’n Russiese oorlogskip gewys het.
Dít ’n dag of twee ná die begin van die Russiese inval van hul tuisland wat wêreldwyd groot konsternasie veroorsaak. Die Oekraïnse soldate is deur die Russiese bevelvoerder met ’n luidspreker beveel om hul wapens neer te lê. Hulle staan immers nie ’n kans nie, en almal weet dit.
Ná ’n paar oomblikke van beraadslaging onder mekaar het die Oekraïners die Rus hul onomwonde antwoord gegee — in taal wat beslis nie in ’n gesinstydskrif hoort nie! Dit laat my aan Suid-Afrika se boere dink.