Eerstens is hulle tegnies uitsonderlik. Met jare se praktiese ervaring en ’n vlymskerp waarnemingsvermoë hou die gevolglike verstellings wat hulle aan hul boerderye maak, hulle nie net aan die voorpunt van beste landboupraktyke nie, maar in baie gevalle ontwikkel hulle daardie praktyke sommer self.
Daar’s ook hul breë aanvoeling om hul ingewikkelde besighede suksesvol te bestuur, wat oor jare met praktiese ervaring verfyn word. Soos ’n vriend altyd droogweg opmerk: “Twintig jaar se ervaring verg eintlik 20 jaar. Jy kan dit nie in vyf of ses jaar opdoen nie, al is jy hoe goed!”
Van goeie arbeidsverhoudinge handhaaf in ’n land met ’n geskiedenis van militante arbeidsverhoudinge tot die delikate bestuur van hul gesin of familie om die vooruitgang en oorlewing van hul besighede te verseker — by die topouens is daar altyd ’n baie duidelike sin van wat werk en wat nie.