Dit is ’n titaniese stryd tussen twee van die beste spelers nóg. Wêreldkampioene wat sake uitspook in vanjaar se Australiese ope-mans-eindstryd. Die vaal, maar wiskundige, geniale Rus Daniil Medvedev en die ouerige Spaanse tennisbul Rafael Nadal. Albei in staat om verbysterende tennis te speel.
Die Rus begin goed en wen die eerste twee stelle. Maar Rafa weier om tou op te gooi, en palm die volgende twee stelle in. Dan is Medvedev teen die toue. Rafa slaan af vir die beslissende pot, maar die Rus breek onverwags terug.
Suid-Afrikaners voel partykeer só. Dat ons net moet aanhou speel. Aanhou planne maak. Nooit gaan lê nie. Soos nou weer in die Noord-Kaap.