Groei in landbou gaan in die volgende jaar of twee lelik knor, laat die buro vir voedsel- en landboubeleid onlangs in Somerset-Wes weet op die bekendstelling van sy jaarlikse toonaangewende Baseline-vooruitskouingsverslag. (Hoe geseënd is ons nie om in Suid-Afrika die vaardigheid van BFAP tot die landbou se beskikking te hê nie!)
Dit voel asof die landbou homself te midde van ’n perfekte storm bevind. Bek-en-klouseer, logistieke chaos, van paaie tot hawens, handelsversperrings uit die bloute, die angswekkende koste van skeepsvragte, die onsmaaklike moles by die Land Bank, die ontstellende onlangse plaasaanvalle . . .
Die lys kan selfs langer gemaak word. Uitvoerbedrywe wat net ’n paar jaar gelede ’n ongekende opbloei beleef het, met optimistiese aanplantings wat net een keer in ’n generasie gesien word, moet nou weer kwaai walgooi.