Te veel mense soek na ’n towerresep om hul boerdery te vereenvoudig. Jy is immers nie besig om ’n koek te bak waarvoor jy ’n resep benodig nie. Baie dikwels is sulke resepte in boerdery eerder ’n resep vir rampspoed.
Boerdery is ’n biologiese proses met baie ekonomiese en biologiese veranderlikes. Dit is onmoontlik om een resep te hê wat almal pas. Dit is belangrik om te onderskei tussen ’n stelsel en ’n resep.
Baie megaboere het ’n agtergrond in ingenieurswese en hul boerderye is stelselgedrewe, want boerdery is ’n logiese proses waarin saam met die natuur gewerk word.