Die druk van produksiekoste vereis egter ’n nuwe rigting – en die doeltreffende bestuur en benutting van natuurlike weiding is die toekoms.
Vandag onthou ek weer ’n insiggewende gesprek met die veewagter Piet Kolobe, ’n natuurlike veemeester (stockman), ’n klompie jare gelede. Hy het navraag gedoen oor hoekom ek ’n sekere volwasse bul wil verkoop.
’n Deel van my breedvoerige antwoord was “. . . die bul se kalwers vaar nie so goed in die fase D-toetse as ons die jong bulkalwers voer nie”.