Dis duidelik dat die meeste landboubedrywe tans deur ’n erge kosteprysknyptang gaan, terwyl varsvrugtebedrywe se uitvoermarkte verander en sekere markte nie tans toegang bied nie. Daar is ’n wye verskeidenheid faktore wat tans inwerk.
Die Rusland-oorlog het net ’n finale ontwrigtende koevoet gesteek in die ratte van ’n baie ineengeskakelde wêreld en die vloei van handel al hoe stadiger laat knars.
Daar is heelwat veranderinge in die wêreld aan die gang wat regstreeks inwerk op elke boerdery en die omgewing waarin ons besigheid doen. Dit is belangrik dat ons die relevante neigings en die rigting van verandering probeer identifiseer.