Landbou-uitvoer het in 2021 ’n nuwe rekord van R178 miljard behaal. Dit dra bykans die helfte by tot die Suid-Afrikaanse landbou se bruto inkomste.
Hierdie prestasie is behaal ondanks die feit dat die Suid-Afrikaanse kommersiële landbou vergeleke met die lande waarmee hy meeding, van die minste staatsondersteuning ter wêreld kry.
Daarteenoor het die invoer van landbouprodukte gestyg tot R101 miljard, wat beteken dat die landbousektor ’n netto verdiener van buitelandse valuta vir die plaaslike ekonomie is. Die ander uitstaande feit is dat Suid-Afrika waarskynlik die enigste land in Afrika is wat ’n netto uitvoerder van landbouprodukte is.