Die aggressiewe inval van Oekraïne deur Rusland was einde Februarie 2023 ’n jaar lank aan die gang met geen einde in sig nie. Inteendeel, daar is ontleders wat meen dit kan eskaleer.
Die oorlog het veral die internasionale mark vir koring en oliesade ontwrig, maar ook gasvoorsiening aan Europa, wat kunsmispryse laat styg en kweektonnels erg benadeel het sodat Europa tekorte aan sekere groente ervaar.
Graan- en oliesaadpryse het skerp gestyg; so ook kunsmispryse. Sanksies deur die Weste teen Rusland het nie net handel, soos die uitvoer van kunsmis deur Rusland, ontwrig nie, maar ook die internasionale geldstelsel (die vloei van geld en wisselkoerseffekte) en uitvoermarkte.