Die mededingingskommissie monitor voedselpryse sedert die begin van die covid-19-pandemie. Hy het pas ’n verslag bekend gemaak waarin hy konsentreer op die prysstruktuur van sonneblomolie in die Suid-Afrikaanse kleinhandel.
Die kommissie ondersoek ook die varsproduktemarkte om te bepaal of daar beperkings of samespanning is wat mededinging kniehalter. Die dilemma met die departement van handel, nywerheid en mededinging, waaronder die kommissie val, is dat hy ’n sterk sosialistiese inslag het om by markkragte in te meng.
Hy het in die covid-19-grendeltyd begin met prysbeheer op gemmer en knoffel. Onlangs het hy besluit om die meesterplan vir die hoenderbedryf nek om te draai deur die invoer van gestorte hoendervleis toe te laat, kwansuis ter wille van arm verbruikers.