Daar is toenemend druk op die regering om in te meng in die landboumark en weer te begin om landboubemarking te reguleer. Dit sal insluit die beperking op uitvoer (van byvoorbeeld mielies) om groter hoeveelhede in die binnelandse mark te hou en sodoende pryse laer te druk.
Dit sal dan ook die aanloop wees na ’n verdere beheer, soos prysbeheer, soos onlangs in die covid-19-grendeltyd gesien is met die prys van byvoorbeeld knoffel en gemmer. In die grendeltyd is die uitvoer van wyn ook ’n tyd lank verbied.
Skynbaar het die Nasionale Meulenaarskamer (witmielies en koring) besluit om ’n versoek te rig tot die regering om ’n perk te plaas op mielie-uitvoervolumes. Die rede is, onder meer, dat ander lande begin het om ’n perk op landbou-uitvoer te plaas, wat pryse skerp laat styg het.