Dit is geen geheim nie dat die bevolking armer word en dat honger ’n toenemende probleem word namate werkloosheid styg en ekonomiese groei stagneer. Internasionale navorsing toon daar is drie belangrike aan- drywers vir groei in die vraag na voedsel.
Die eerste is bevolkingsgroei, die tweede is ekonomiese groei wat die per capita-inkomste laat styg, en die derde is die tempo van verstedeliking. Die verloop van die faktore is baie belangrik vir die landbou, want dit bepaal die binnelandse vraag en groei na produkte.
In die geval van Suid-Afrika verloop verstedeliking teen ’n redelik vinnige tempo (na raming is meer as 70% van die bevolking verstedelik). Mense gaan soek werk en beland dan in plakkerskampe, waar hul welvaart nie noodwendig verbeter nie.