Daar is ’n debat onder vleisboere oor waarom bees- en skaapvleispryse betreklik hoog bly (en selfs gestyg het) in die lig van ’n verswakkende binnelandse ekonomie. Verbruikers se besteebare inkomste daal weens prysstygings van noodsaaklik produkte en rentekoerse.
Die toename in werkloosheid demp ook die binnelandse vraag. Aan die aanbodkant is slagsyfers die afgelope paar jaar redelik stabiel. Die uitsondering is skaapvleis wat ’n stadige, maar seker dalende neiging toon.
Daarmee saam het die slagsyfer (aanbod) van varkvleis op die binnelandse mark aansienlik toegeneem. Dit verhoog die totale slagaanbod van vleis en het sekerlik markaandeel van bees- en skaapvleis weggeneem.