AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Vleismark bly sterk ondanks swak ekonomie

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Peter Pentz
Ter illustrasie. Foto: Peter Pentz
Suid-Afrikaners is sonder twyfel vleiseters. Dit het gehelp dat die plaaslike vleisbedryf die afgelope ruk bly groei het, selfs midde-in die ergste ekonomiese insinking in die moderne geskiedenis.

Suid-Afrikaners is sonder twyfel vleiseters. Dit het gehelp dat die plaaslike vleisbedryf die afgelope ruk bly groei het, selfs midde-in die ergste ekonomiese insinking in die moderne geskiedenis.

Druk gesprekke word gevoer oor die redes vir die sterk vraag na vleis en die feit dat pryse stewig bly, veral in 2020, midde-in die ergste ekonomiese insinking in die moderne geskiedenis. Die prys en vraag het ook sterk gebly in die eerste paar maande van 2021.

Heelwat debatte word gevoer oor die sterk vleismark en of dit in die afsienbare toekoms kan voortduur. Aan die verbruikerskant spoor veral twee faktore die vraag na vleis aan, naamlik bevolkingsgroei asook ekonomiese groei, en dus groei in verbruikers se besteebare inkomste. Wanneer die ekonomie groei en werk geskep word, verskuif die dieet weg van styselgebaseerde voedselprodukte na ’n meer proteïengebaseerde dieet.

’n Navorsingsverslag deur Unilever oor die eetpatrone van Suid-Afrikaanse verbruikers oor die afgelope jaar is onlangs bekend gemaak. Dit bevestig dat Suid-Afrikaners by uitstek vleiseters is.

Interessant is ook gevind dat verbruikers se besteebare inkomste in 2020 redelik gedaal het. Dit is bevestig deur syfers van die Reserwebank wat daarop dui dat die besteebare inkomste per capita in 2020 gedaal het.

Desnieteenstaande, in navorsing deur die navorsingsmaatskappy Nielsens is bevind dat die vleiseters in die Suid-Afrikaanse bevolking in die afgelope jaar toegeneem het van 84% tot 90% van die bevolking.

Nog ’n insiggewende syfer is dat slegs sowat 3% van die bevolking hulself as vegetariërs beskou. Dit is goeie nuus vir vleisboere. Terselfdertyd kan ’n mens wonder waarom daar so ’n ophef gemaak word van vegetariese voedselprodukte, terwyl die vleismark bly groei, selfs in ’n ekonomiese resessie.

Daar is ook gevind vir die tipiese Suid-Afrikaner (oor alle demografiese groepe) bestaan sowat 26% van die kos op sy bord uit vleis, teenoor internasionale dieetriglyne wat aandui dat dit net sowat 12% behoort te wees. Die grootste deel van die bord in ’n tipiese ete bestaan uit sowat 41% styselgebaseerde produkte.

Verder is bevind die tipiese aandete bestaan uit pap (stysel) en vleis. Aandetes was ook meestal die hoofmaaltyd, en dit het uit vleis en stysel (aartappels, ens.) bestaan, met ’n kleiner deel groente. Middagete het ook heelwat proteïene ingesluit.

Sowat 46% van die bevolking eet elke dag vleis. Hoendervleis is die gewildste, gevolg deur bees-, skaap- en dan varkvleis.

Daar is ook bevind die gebruik van droëbone en sojaprodukte as vleisvervangers het die afgelope jaar heelwat gedaal. Droëbone se prys het die afgelope jaar omtrent verdubbel, en die daling in verbruik kan daarom verwag word. Brood, rys, aartappels en mieliepap is die gewildste styselprodukte.

Binnelandse Verbruik

Navorsing het bevind dat twee groot faktore die vraag na vleis aandryf, naamlik die groei in bevolking (wat ’n gegewe in Suid-Afrika is) en, belangriker, die groei in besteebare inkomste per capita. grafiek 1 toon die groei in die amptelike Suid-Afrikaanse bevolking sedert 2005. Daar word egter algemeen aanvaar dat daar tans nader aan 70 miljoen mense in Suid-Afrika is, teenoor die sowat 60 miljoen volgens Statistieke SA.

Grafiek 1: Besteebare inkomSTE/Rand per Capita (REËEL) en bevolking (’000)

Die amptelike bevolking het in dié tydperk met 25% gegroei, terwyl die reële inkomste per capita stadig toegeneem het tot ’n hoogtepunt van R34 000 per capita per jaar. Daarna het dit sywaarts begin beweeg tot die daling in 2020 weens die Covid-19-pandemie en die ekonomiese skade as gevolg van die inperkingsmaatreëls.

’n Mens kon verwag dat die verbruik van vleis verlede jaar skerp sou daal weens die daling in besteebare inkomste per capita en die toename in werkloosheid, maar dit het nie.

Moontlike verduidelikings is dat meer mense by die huis (en dus vleis) geëet het, en dat die bykomende toelaes wat die staat tot in Maart betaal het, ook die mark gestut het. As ’n mens dus die toekomstige vraag na landbouprodukte (vleis) bedink, is bevolkingsgroei ’n gegewe, asook dat verstedeliking bly toeneem. Meer as 70% van die Suid-Afrikaanse bevolking is verstedelik en koop dus kos van winkelrakke.

Rooivleis

Grafiek 2 toon die besteebare inkomste per capita se verloop, asook die verbruik per capita van rooivleis oor die tydperk. Die styging in die verbruik van rooivleis per capita sedert 2018 is duidelik. Voeg die stygende bevolking by, en dit verklaar die sterk vraag.

Grafiek 2: Besteebare inkomSTe/capita en rooivleisverbruik per capita (Kg)

Onthou, die hoogtepunt in die verbruik van rooivleis is in 2015 bereik. Weens die droogte het boere hul bees- en skaapkuddes verminder. Die slagaanbod was baie hoër en die vleis is teen laer pryse in die mark opgeneem.

Die huidige berekeninge van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling dui op ’n rooivleisverbruik per capita van sowat 27 kg, waarvan sowat 3 kg skaapvleis is.

Gegewe ’n groeiende bevolking wat die vraag na voedsel (en ook rooivleis) aandryf, is die sleutel vir hoër verbruik per capita dat die ekonomie moet groei sodat die besteebare inkomste per capita styg. Dan sal die vraag na rooivleis bly groei. Die afgelope twee tot drie jaar is ’n kuddeboufase aan die gang, maar slagsyfers het redelik stabiel gebly.

Hoendervleis

Die afgelope jaar het die plaaslike produksie van hoendervleis toegeneem, terwyl invoer effens afgeneem het tot net meer as 500 000 ton per jaar.

Grafiek 3 toon die verloop van die verbruik per capita van hoendervleis, wat die invoer insluit. Dit is sowat 41 kg per jaar. Die grafiek toon die voortdurende stygende neiging in die verbruik per capita van hoendervleis oor die afgelope 15 jaar. As ’n mens dit met die stygende bevolkingsgetalle koppel, is die groei in totale verbruik sterk.

Hoendervleis is wêreldwyd heelwat goedkoper as rooivleis. In Suid-Afrika is hoendervleis die vleisproduk wat die meeste geëet word, terwyl dit in baie lande in Asië varkvleis is.

Die verbruik per capita van mielies bly die afgelope paar jaar redelik konstant op 75-80 kg. Die grafiek sluit menslike verbruik en veevoer in. Albei die aanwendings se totale verbruik groei die afgelope paar jaar namate die bevolking groei.

Hoe vergelyk Suid-Afrika?

Volgens die Wêreldbank is Suid-Afrika nommer 92 op die lys van inkomste per capita. Suid-Afrika is dus nie juis ’n ryk land nie. Grafiek 4 toon egter Suid-Afrika se verbruik per capita van beesvleis en hoendervleis is baie hoër as die verbruik in ontwikkelende lande waarmee Suid-Afrika vergelyk kan word. Die verbruik van skaapvleis stem ooreen met ander lande.

Die verbruik van varkvleis in Suid-Afrika is baie laag vergeleke met ander ontwikkelende lande, en daar is dus nog groeimoontlikhede. Die produksie van varkvleis in Suid-Afrika is tans op ’n redelike groeipad. Die dilemma is egter dat die bedryf groot beleggings nodig het om ’n ekonomies lewensvatbare produksie-eenheid op te rig.

Die totale vraag na vleis en proteïenprodukte bly groei in Suid-Afrika, aangedryf deur die toenemende bevolkingsgroei. Die navorsing wys ook dat die deursnee-Suid-Afrikaner ’n vleiseter is.

As die ekonomie bly groei en die besteebare inkomste van verbruikers per capita kan bly groei, sal die totale verbruik van vleis, melk en eiers bly toeneem. Natuurlik is die groot kwessie om vleis mededingend en winsgewend te produseer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
19.51
-0.6%
Rand - Euro
17.41
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,640.17
-0.2%
Silwer
18.70
-0.9%
Palladium
2,065.00
-0.4%
Platinum
855.50
-0.4%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,562
-1.0%
Alle aandele
62,824
-0.9%
Hulpbronne 10
55,128
-2.1%
Industriële 25
78,631
+0.3%
Finansiële 15
13,876
-1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot