AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Neem dít in ag as jy ’n veeplaas wil koop

akkreditasie
Die veldtoestand en tipe weiding (soet-, suur- of gemengde veld) is waar­skynlik die belangrikste oorweging wanneer ’n veeboer moet besluit of hy ’n spesifieke plaas wil koop.
Die veldtoestand en tipe weiding (soet-, suur- of gemengde veld) is waar­skynlik die belangrikste oorweging wanneer ’n veeboer moet besluit of hy ’n spesifieke plaas wil koop.
Trou is nie perde koop nie, luidens die spreekwoord. Dieselfde geld die koop van ’n plaas. Dit is ’n belegging wat baie kapitaal verg. Daar is dus nie ruimte vir foute maak nie. Hier is raad.

Trou is nie perde koop nie, luidens die spreekwoord. Dieselfde geld die koop van ’n plaas. Dit is ’n belegging wat baie kapitaal verg. Daar is dus nie ruimte vir foute maak nie. Hier is raad.

Wanneer ’n mens ’n plaas koop, moet jy jouself deeglik vergewis van al die aspekte wat in ag geneem moet word om te verseker dat jy ’n goeie aankoop maak.

Daar is ’n baie noue verband tussen die produktiwiteit en winsgewendheid van ’n veeboerdery en die veld se toestand. Dit is waarskynlik die heel belangrikste eienskap om na te kyk.

Dit is nodig om van die volgende bewus te wees ten opsigte van die verwantskap tussen die veld se toestand, produktiwiteit en winsgewendheid:

  • Hoe swakker die veld se toestand, hoe meer reënwater loop weg. Hoe beter die veld, hoe meer van die reënwater dring die grond binne en hoe hoër die grondvoginhoud daarvan.
  • Swak veld se bogrond is meer verdig as dié van goeie veld. Net so is swak veld se grondtemperatuur hoër as dié van goeie veld. Albei faktore dra by tot ’n droër grondprofiel.
  • Goeie veld is aansienlik minder droogtegevoelig as swak veld.
  • Die plante wat in goeie veld oorheers, skakel die grondwater baie doeltreffender in voerproduksie om as dié in swak veld. Waarom? Die plante in swak veld is dikwels hoofsaaklik eenjarig. Hul belangrikste oorlewingsmeganisme is om saad te produseer. Omdat hulle swak omgewingstoestande in die vorm van saad oorleef, mors hulle dus nie tyd daarop om voer te produseer nie. Hul proteïeninhoud is ook laer as dié van plante wat in goeie veld oorheersend is.
  • Die wins/ha van goeie veld is aansienlik beter as dié van veld in ’n swak toestand.
  • ’n Plaas wat in ’n goeie toestand is, kan dadelik optimaal bewei word, terwyl veld wat in ’n swakker toestand is, spesiale behandeling benodig om dit te herstel voordat dit optimaal benut kan word.

WEIDINGGEHALTE

Veld kan breedweg in soet- en suurveld ingedeel word. Soetveld behou sy smaaklikheid en gehalte taamlik dwarsdeur die jaar, wat relatief goeie diereprestasie dwarsdeur die jaar gee. Die beskikbaarheid van weiding kan wel wisselvallig wees tussen seisoene en jare. Die behoefte aan lekke is taamlik laag. Sommige weidingkundiges verwys na soetveld as “hoë-oktaanweiding”.

Suurveld produseer hoë en betreklik betroubare volumes weiding van betreklik goeie gehalte in die somer, maar lae gehalte in die winter. Die diereprestasie is nie so goed soos op soetveld nie en aanvullende voeding is noodsaaklik in die winter.

Hierdie faktor word relevant wanneer eiendomme in dieselfde geografiese gebied aansienlik verskil ten opsigte van hul relatiewe soetheid of suurheid.

In dieselfde geografiese gebied sal soetveldplase byvoorbeeld in laergeleë, warmer gebiede voorkom. Suurveldplase kom op hoër hoogtes voor met ’n bergagtige geaardheid en ’n strawwer klimaat. Soetveldplase word gewoonlik bo suurveldplase verkies as dit in dieselfde geografiese gebied voorkom.

Die plaas moet die nodige infrastruktuur hê, onder meer bronne van goeie water wat by die staat geregistreer is.

DIERE SE BEHOEFTES

Verskillende vee, dit wil sê beeste, skape en bokke, wei op verskillende hoogtes en verkies verskillende soorte plante.

Bokke verkies ’n mengsel van kort grasse, karoobossies en struike tot so hoog as 1 meter. Skape gedy weer op ’n mengsel van kort grasse en karoobossies, hoewel hulle soms lang gras sal bewei. Hulle kan nie die struike hoër as ’n halwe meter benut nie. Lang grasse is weer meer geskik vir beeste, hoewel hulle ook kort gras verkies en nie by ’n smaaklike en sappige karoobos sal verbyloop nie.

TOPOGRAFIE

Reproduksiesukses is een van die belangrikste bepalers van ’n veeboerdery se winsgewendheid. Die reproduksiesiklus van vee bestaan uit ses fases, naamlik (1) paring, (2) vroeë- en middragtigheid, (3) laatdragtigheid, (4) laktasie, (5) speen en (6) herstel van die voortplantingsorgane, waarna die siklus herhaal word.

Gedurende minstens twee van dié ses fases (3 en 4) benodig kleinvee ’n taamlik gelyk tot effens golwende topografie. Die eerste rede daarvoor is dat hulle tydens laatdragtigheid baie lywig is, minder beweeglik is en kan struikel en val teen steil hellings. As hulle dan nie kan opstaan nie, sal hulle van uithongering en dors vrek. Die tweede rede is dat klein lammers moeilik oor sulke terrein beweeg en gevolglik maklik van hul moeders geskei kan word en vrek.

Die periode van laatdragtigheid en laktasie duur sowat ses maande of 50% van die totale omkeertyd van een voortplantingsiklus van 12 maande. Dit is dus voor die hand liggend dat minstens 50% van die oppervlakte van die eiendom geskik moet wees om laatdragtige en lakterende kleinvee aan te hou.

RISIKOPROFIEL

Daar is hoofsaaklik drie risikofaktore wat in ag geneem moet word, naamlik plaasveiligheid, grondeise en risiko’s vir droogte. Die eerste twee is maklik om te bepaal. Dit is die droogterisiko wat die mening van ’n kundige verg.

Droogtes het ’n groot invloed op die volhoubaarheid en winsgewendheid van veeplase. Die belangrikheid van goeie veld is reeds bespreek. Elke geografiese gebied, byvoorbeeld in die Karoo, het ook ’n intrinsieke risikoprofiel vir droogtes (sien die tabel).

Die voorkoms van dodelike siektes, soos hartwater en rooiwater, asook die voorkoms van gifplante waarteen geen voorkoming of behandeling beskikbaar is nie, moet ook in ag geneem word.

BOERDERY-INFRASTRUKTUUR

Dit is duur om infrastruktuur te vestig, te vervang of te herstel. Daarom is dit noodsaaklik om ’n goeie opname van die bestaande infrastruktuur te maak.

Die volgende is noodsaaklike infrastruktuur wat op ’n veeplaas benodig word:

  • Genoeg weikampe om ’n behoorlike weidingstelsel te kan toepas ten einde maksimum diereproduksie en optimale benutting van hulpbronne moontlik te maak.
  • Omheinings wat die diere beperk tot die weikampe waar hulle moet wei.
  • Voldoende getal en plasing van permanente drinkwaterpunte vir vee, wat bedien word deur ’n waterverspreidingsnetwerk wat goed beplan en onderhou is. Daarmee saam gaan water van goeie gehalte wat voorsien word deur standhoudende waterbronne wat by die departement van water en sanitasie geregistreer is.
  • Veehanteringsgeriewe wat goed ontwerp en gebou is sodat die vee met so min arbeid as moontlik hanteer kan word, en wat strategies oor die plaas versprei is om die afstand wat vee moet beweeg, te beperk.
  • Toegangspaaie wat goeie toesig oor die boerderye moontlik maak, en wat goed onderhou is.

On(der)ontwikkelde hulpbronne kan ’n beduidende bydrae lewer tot die beleggingspotensiaal van ’n eiendom, solank die werklike ontwikkeling bydra tot die produktiwiteit en winsgewendheid van die eiendom en nie te veel kapitaal vereis nie. Dit sluit in bronne van goeie gehalte en volhoubare hoeveelhede besproeiingswater en grond wat besproei kan word.

SKAALEKONOMIE

’n Gedeelte van ’n veeboerdery se bedryfskoste bestaan uit vaste koste. Dit is koste wat vas bly, al neem die skaal van die boerdery af of toe. Soos die skaal van die boerdery toeneem, word die eenheidskoste van vaste koste dus goedkoper en word daar gepraat van skaalvoordele. Skaalekonomie is selde neutraal. Dit is óf positief óf negatief. Skaalvoordele tree in rondom 270 grootvee-eenhede (GVE’s) vir veeplase. Plase kleiner as 270 GVE’s sal dus voortdurend die nadelige kant van skaalekonomie ervaar.

HERVERKOOPPOTENSIAAL

Plase in sekere geografiese gebiede het ’n inherent beter verkoopspotensiaal as in ander gebiede as gevolg van die gunstige siening wat kopers oor die gebied het.

Soms is ’n eiendom in ’n minder gewilde gebied ’n beter boerdery-eenheid en ’n beter belegging as ’n eiendom in ’n gewilder gebied, maar op grond van die herverkooppotensiaal van laasgenoemde eiendom kan dit die voorkeurplaas wees. Daar moet altyd in gedagte gehou word dat laasgenoemde eiendom nie dieselfde beleggingsopbrengs sal lewer nie, terwyl dit deel van die beleggingsportefeulje is.

Die beste opsie is steeds ’n eiendom met ’n goeie opbrengs in ’n gewilde gebied.

PRYS EN WAARDE VIR GELD

Voornemende kopers sukkel dikwels om plase prysgewys met mekaar te vergelyk. ’n Veeplaas se intrinsieke waarde lê in die eiendom se vermoë om ’n bepaalde getal vee te kan dra en behoort dus op daardie basis vergelyk te word. In Suid-Afrika word veegrond se dravermoë uitgedruk in die hoeveelheid hektaar wat benodig word om een diere-eenheid vir ’n jaar lank kos te gee.

Die standaard-diere-eenheid wat gebruik word, is grootvee-eenheid (GVE). ’n Plaas met ’n dravermoë van 16 ha/GVE kan dus 1 GVE vir ’n jaar lank voer voorsien op elke 16 ha van die plaas. Gestel die koper moet ’n keuse maak tussen ’n plaas met ’n dravermoë van 14 ha/GVE en wat vir R3 500/ha in die mark is, en een van 16 ha/GVE wat in die mark is vir R3 200/ha. Hoe vergelyk jy hulle met mekaar?

Jy vergelyk hulle op grond van wat die prys is om 1 GVE vir ’n jaar kos te gee. Die eerste plaas kos R49 000/GVE (14 ha/GVE x R3 500/ha) en die tweede plaas R51 200 (16 ha/GVE x R3 200/ha). As al die ander faktore van die twee plase gelyk is, sal die eerste plaas dus die beter koop wees. Maak net baie seker die dravermoë wat vir die plaas aangegee word, is betroubaar.

Dr. Louis du Pisani is ’n onafhanklike landboukonsultant.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
19.35
-0.1%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.9%
Goud
1,623.82
-0.3%
Silwer
18.16
-1.3%
Palladium
2,065.50
-0.5%
Platinum
848.50
-0.6%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot