Die regte soort weiding kan ’n deurslaggewende rol speel in die suksesvolle oorwintering van skape op weiding. Kies slim aan die hand van die regte vrae.
Meerjarig is goedkoper. Eenjarig is makliker om by ’n spesifieke behoefte in die voervloei in te pas. Meerjarig gebruik baie water, veral in die somermaande. Die keuse sal hoofsaaklik afhang van die spesifieke voervloeibehoefte en die beskikbaarheid van water.
Mengsels wat peulplante en grasse insluit, is altyd beter as enkelstande.