Onvermoë. Sedert die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) van krag is, was daar deurlopend klagtes oor die polisie se onvermoë om die administratiewe las van nuwe aansoeke én hernuwings te kan hanteer. Dit is vererger met ’n aantal hofuitsprake wat die eienaars van vuurwapens met vervalde lisensies in misdadigers omskep het. Dit was in 2020 ’n kwessie toe die geldigheid van lisensies wat onder die vorige wetgewing uitgereik is, herroep sou word. Dit is nou weer ter sprake ná ’n hofuitspraak eienaars van vuurwapens met vervalde lisensies toelaat om opnuut aansoek te doen om dié wapens te lisensieer. (Nog op bl. 20.)
Kort ná sy woede-uitbarsting teenoor Ian Cameron van Action Society SA het hy weer die land aan die praat oor sy uitspraak dat mense met tatoeëermerke nie vir die polisie oorweeg sal word nie omdat hulle geneig is om lede van bendes te wees.
Manie sal hom graag erkenning as komediant wil gee, maar ongelukkig is misdaad en sy rol om dit te bekamp ’n té ernstige kwessie. Dit is ongelooflik om te hoor dat die polisie die afgelope twee jaar meer as 1 300 speurders verloor het.
Dít in ’n land waar daar gemiddeld 67 mense daagliks vermoor word en daar speurders is wat met tot 300 onafgehandelde dossiere op hul lessenaars sit. Daarom is dit te verstane dat daar uit verskeie oorde eise is dat Cele afgedank moet word.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.