Francois Wilken, voorsitter van dié organisasie, het gesê ongeag al die struikelblokke is boere steeds in Suid-Afrika en gaan hulle veerkragtig die toekoms in. Hy het gesê boere wat planne voorgestel het om van grondhervorming ’n sukses te maak, is oor die jare heen “verskeie kere” deur die regering “in die tande geskop”.
Dit het boere “vuisvoos” gemaak, maar “ongeag” die terugslae is hulle steeds betrokke by landelike opheffing. Hy sê Vrystaat Landbou se klem is op landelike en landbou-ontwikkeling. Sy organisasie het besluit transformasie en grondhervorming moet saamgevat word in een woord, naamlik landbou-ontwikkeling . . . van die hele sektor.
Wat die struikelblokke betref, het Wilken gesê weens die staat se verkrummeling moet boere ál meer verantwoordelikhede aanvaar. Hulle moet opstaan, anders verkrummel hulle saam.