Dit is so helder soos daglig dat individuele boere baie slegter daaraan toe sou gewees het as hulle nie die gewig van landbou-organisasies agter hulle gehad het nie.
Sonder die georganiseerde landbou en bedryfsorganisasies sou die staatslui eenvoudig gemaak het wat hulle wil sonder om na enige boer se besware te luister – soos hulle maar alte dikwels probeer om te doen.
’n Goeie voorbeeld is die departement van landbou se eensydige besluit in 2016 om inspeksiedienste vir verskillende landbouprodukte aan te stel.