As die hoogs aansteeklike virus verder gaan versprei vanweë die staat se onvermoë om dit doeltreffend te keer, kan die land daarvan vergeet om sy status as vry van bek-en-klouseer, wat hy oor jare jaloers beskerm het, gou te herwin.
Dit wil lyk asof daar veespekulante is wat hulle eenvoudig nie steur aan die vernietigende gevolge wat dit kan inhou om beeste onwettig uit die beheerde gebied te vervoer nie.
Wat Manie nog meer ontstel, is dat daar glo ’n siening onder sommige van hulle is dat ’n verbod op uitvoer van vleis ’n goeie ding is, want dan kan vleis goedkoper aan plaaslike verbruikers beskikbaar gestel word.