Tegnologieheffings het sedert 2016 ’n reusebydrae gelewer tot die vooruitgang van gewasboerdery. Dit het die ontwikkeling van nuwe kultivars aangemoedig wat vir plaaslike toestande aangepas is. Sedert daar in die boekjaar 2016-’17 met koringheffings begin is, is 23 nuwe koringkultivars plaaslik geregistreer en sedert 2019-’20, toe met sojaboonheffings begin is, is meer as 50 nuwe kultivars plaaslik geregistreer. Dit sluit Intacta RoundupReady2 Pro, insekweerstandige en glifosaatverdraagsame sojaboon-kultivars in. Lees meer op bl. 22.
Dit gaan slegte gevolge vir boere, die veilingsbedryf, verbruikers en landelike ekonomieë inhou. Almal moet egter besef dat hierdie ’n ramp is wat handuit geruk het.
Die skade vir Suid-Afrika en sy mense kan baie groter raak as almal nie nou eie gewin opsy skuif en in landsbelang saamwerk nie. Eintlik moes daar vroeër al drastiese ingryping gewees het.
Dr. Gideon Brückner, wat in 2000 die hoof van ’n span was wat bek-en-klouseer suksesvol by Camperdown bekamp het, sê altyd drastiese optrede is van kernbelang.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.