’n Slikdam se wal het op Sondag 11 September by die JDP-diamantmyn op Jagersfontein gebreek. Manie is bevrees vanweë daarvan sal die boere van Jagersfontein, wie se plase, diere en inkomste deur slikwater meegesleur is, moet hoop op eise teen die myn wat vir dié ramp verantwoordelik is om vir hul skade vergoed te word.
Waar hul hulp intussen vandaan gaan kom, bly ’n ope vraag. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het onomwonde aan Landbouweekblad aangedui dat hy nie vir die ramp verantwoordelik is nie en die voorval nie tot ’n amptelike ramp verklaar is nie.
Daarom is hy nie van plan om die betrokke boere te hulp te snel nie. Soos gewoonlik moet daar op organisasies in die burgerlike samelewing staatgemaak word vir ’n helpende hand. Gift of the Givers het kort ná die ramp aangedui dat hy melk en medisyne gekoop het om boere by te staan in hul uur van nood.