Hy beskryf die afgelope jaar as een vol struikelblokke, maar ook ’n jaar propvol geleenthede. By tye was dit ’n opdraande stryd om kosproduksie en die verspreiding daarvan seepglad te laat verloop, maar goeie samewerking tussen owerhede en die georganiseerde landbou het gehelp om die wa deur die drif te kry.
Hy sê met veerkragtigheid, aanpasbaarheid en vernuwende denke slaag die landbousektor elke keer daarin om die terugslae en probleme te bowe te kom. Manie wil met hom saamstem dat dit juis hierin is waar die waarde van ons landbousektor opgesluit lê.
Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê ook boere het deur die jare geleer om veranderlikes te hanteer soos dit na vore kom en altyd die beste van ’n slegte saak te maak.