Elke keer as Manie dit hoor, tel hy tot 111 én terug, en sit die gesprek voort. In die 103 jaar van Landbouweekblad se bestaan was daar net een boer wat dit oorgekom het. Nogal ’n goeie track record, of sal ek sommer vry vertaal as trekkerrekord?
Suid-Afrika, Namibië en Botswana, waar die tydskrif se joernaliste gereeld voelers uitsteek, is bekend om hul uitstekende boere, wêreldwyd bestempel as van die beste, produktiefste pioniers.
Iets wat egter deesdae kop uitsteek, is dat boere wat reeds baanbrekerspore getrap het, of besig is om nuwe terreine te ontgin, nie meer oor hul prestasies wil praat nie. Eers was die grootste vrees dat ander boere sal dink hulle spog (“ek gaan windgat lyk!”).