Ferreira is ’n MPO-direkteur en voorsitter van die MPO Noord-streek. Hy het verlede jaar van Maart tot Desember as uitvoerende hoof waargeneem en gaan ook vanjaar vir dieselfde tydperk in dié pos waarneem.
Die organisasie het verlede jaar deur ’n herstrukturering gegaan wat onder meer daartoe gelei het dat sy werkmag met 60% verklein is.
Ná al dié veranderinge het Gerhard Kriel op 3 Januarie as nuwe uitvoerende hoof daar begin werk, net om op 11 Februarie, skaars ’n maand later, te bedank. Die redes vir dié gebeure is nie bekend nie. Uiteindelik is die belangrikste dat die MPO ’n organisasie moet wees wat goed funksioneer om sy lede se belange te dien.