OP ‘N PLAAS LEER JY VAN KLEINS AF HOE OM HARD TE WERK . . . selfs al is dit skoolvakansie. Hier help Janes van Heerden (9) sy pa, Alwyn (37), om grondboontjies te plant naby Stella,
Noordwes. Die omgewing het lekker baie reën gekry sedert einde November. Verligte boere woeker
nou om klaar te plant sodat hulle ‘n welverdiende blaaskans kan vat oor Kersfees. Hoewel sy pa nie
kan wag vir dié blaaskans nie, is al wat klein Janes wil doen, trekker bestuur. Hy tree elke oggend douvoordag aan met sy boerklere en botteltjie water, en verkyk hom aan die planter. FOTO: SUZANNE VEN
Tientalle miljoene rande en ongekende ure is sedert 2018 aan openbare verhore bestee om ’n politieke besluit wet te maak wat regskenners van die begin af gewaarsku het sou misluk – die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening met nulvergoeding vir grondhervormingsdoeleindes moontlik te maak.
Die onsekerheid het Suid- Afrika se ekonomie miljarde gekos aan verlore beleggings, want wie sal ’n onderneming vestig of uitbrei as dit dalk van jou af weggevat gaan word?
Al kon die ANC toe nie ’n tweederde-meerderheidstem in die parlement kry vir die grondwetwysiging nie, is hierdie nie die einde van die pad met nulvergoeding nie.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.