Mnr. Cornelius Thomas en dr. Bennie van Rensburg van Hopetown loop deur die geil grasveld verby ’n ou kraalmuur op die plaas Fabersput buite Douglas. Hulle was onlangs op ’n geskiedenistoer saam met die Slagvelders, ’n groep Anglo-Boereoorlog-entoesiaste van Kimberley, om te besin oor die Slag van Fabersput op 30 Mei 1900 waarin 14 Boere-krygers en 25 Engelse soldate dood is. Die plaaseienaars, mnr. Neels en me. Elaine Faber, wat met Brangus-beeste boer, sê hulle het die afgelope somer sowat 460 mm reën gehad. “Die veld was nog nooit so geil en vol pofadders nie. Ons hond het al drie slangbyte oorleef.” Neels is die sesde geslag Faber, en die familie woon al langer as 200 jaar op die plaas. Foto: Charné Kemp
Die organiseerders word egter uit sommige oorde gekritiseer vir die covid-19-regulasies wat deur die regering op groot byeenkomste afgedwing word.
Volgens die regulasies wat op die oomblik geld kan ’n maksimum van 2 000 mense ’n buitelug-byeenkoms bywoon sonder om ’n inentingsertifikaat of negatiewe toetsresultate te vertoon. Vir binnenshuise byeenkomste is dit 1 000 mense.
Omdat Nampo gewoonlik gemiddeld meer as 20 000 besoekers per dag lok, vereis die regulasies van besoekers ’n inentingsertifikaat of ’n negatiewe covid-toets van nie ouer as 72 uur nie.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.