Manie se kollega was stom van verbasing toe sy hoor van die mense wat op die Nampo-oesdag se Facebook-blad aangedui het dat hulle weier om weens dié bepaling Nampo by te woon, wel op die ou end op die terrein gesien is.
Ten spyte van die teenkanting, was bywoning veral op die Woensdag só hoog dat Nampo-bestuur van die uitstallers moes toelaat om Donderdag hul voorraad aan te vul.
Toit Wessels, assistent-bestuurder van bemarking by Graan SA en Nampo, sê hulle is baie tevrede met die terugvoer wat hulle van uitstallers gekry het. “Ja, besoekersgetalle is vir ons belangrik, maar tevrede uitstallers is net so belangrik en ons is verheug oor die terugvoer wat ons kry.”