Die geleentheid was natuurlik Graan SA se kongres wat verlede jaar net virtueel aangebied is. Wat Manie veral opgeval het, was die groot aantal jonger boere wat die onderskeie streke as afgevaardigdes verteenwoordig het, asook die toenemende aantal jonger mense wat as hoofbestuurslede dien.
Wat dit nog meer beklemtoon het, was toe daar amptelik afskeid geneem is van ’n paar ou bekendes wat al deel van die meubelstukke in die landboubedryf geword het.
Hulle het ingesluit John Purchase, Vrystaatse plaasjapie wat vroeër by die LNR en as uitvoerende hoof van Graan SA gewerk het en sy laaste 14 jaar die landbousakekamer Agbiz se uitvoerende hoof was.