In ’n ongewone stap het van die land se bekendste veeartse en ander landbouleiers aangedring dat aanspreeklikheid op OBP afgedwing moet word.
As die onderneming nie die beskikbaarheid van entstowwe binne drie maande kan waarborg nie, moet private maatskappye toegelaat word om die entstowwe te produseer wat met belastingbetalers se geld ontwikkel is.
In die brief word klem daarop gelê dat baie van die entstowwe wat by OBP vervaardig word, nêrens anders ter wêreld beskikbaar is nie. Dit sluit in entstowwe vir Afrika-perdesiekte, slenkdalkoors, bloutong, hartwater en anaplasmose.