Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA, sê dit wys duidelik dat die polisie en die regering nie ernstig genoeg is oor plaasaanvalle en -moorde nie. Die beraad is nou geskeduleer vir Augustus, maar die sewe komitees wat saam met die polisie die beraad belê, is steeds nie seker of dit dan wel sal plaasvind nie.
Geldenhuys sê die uitstel van die beraad en die feit dat die landelike veiligheidsplan nog nooit toegepas is nie, wys net dat die regering en polisie duidelik nie die wil óf die vermoë het om misdaad doeltreffend te beveg nie.
Intussen bloei Suid-Afrika en is hy op talle terreine besig om in duie te stort. Die eerste kwartaal se misdaadsyfers wat onlangs bekend gemaak is, wys dat die misdaadsituasie buite beheer is.