Selfs in die bergagtige Khomashochland was daar duidelike tekens dat selfs van dié onherbergsame paaie onlangs geskraap is. Saam met die goedkoper dieselprys (bykans R3 goedkoper by Walvisbaai se pompe as dié aan die Suid-Afrikaanse kus) was dit ’n absolute plesier om die land se pragtige landskap te kon verken danksy die paaie wat goed onderhou word, veral ná die goeie reën.
’n Suid-Afrikaanse boer op die platteland kan maar net droom hiervan. Manie se mond het oopgehang toe die vriend vertel het van ’n boer wat padskraaptoerusting vir sy private paaie gehuur het toe aan die padvereniging genoem is dat die toerusting reeds in die distrik is en ook beskikbaar is om ander paaie in die omgewing te skraap.
Binne ’n week was die papierwerk en kontrakte gereed om die werktuie te benut. Vergelyk dit nou byvoorbeeld met skokkende plaaslike statistieke waarna Jack Armour, handelsbestuurder van Vrystaat Landbou, onlangs verwys het op ’n nuuskonferensie oor die haglike toestand van paaie in Suid-Afrika se landelike gebiede.