Dít nadat die hele bedryf aan die proses deelgeneem het, en soos almal gedink het, daar konsensus oor die voorgestelde wysigings was. Die mielieforum het al op 11 Augustus 2021 die voorgestelde wysigings aan die regering gestuur vir die afkondigingsproses.
Toe dit duidelik geword het dat die regering nie voor die huidige bemarkingseisoen (wat op 1 Mei 2022 begin het) daarby sou uitkom nie, is daar gevra vir ’n tydelike reëling sodat die oes volgens die voorgestelde wysigings gegradeer kon word.
Dit sou finansiële voordele vir boere ingehou het. Die regering se voorwaarde was dat daar geen besware van enige belanghebbendes moes wees nie. Net dáár het ’n paar verwerkers glo ’n stok in die wiel gesteek deur te beweer hulle was nie by die besluitnemingsproses betrokke nie.