Almal hou Eskom verantwoordelik vir die gemors waarin die land hom bevind, maar toe De Ruyter die anderdag uitgevaar het oor die regering se gesloer om nuwe opwekkingsvermoë toe te laat, het dit Manie twee keer laat dink.
Hy het daarop gewys dat daar sedert 2014 nog geen nuwe kragprojekte voltooi is nie. Ondanks Eskom se pleidooi oor nuwe opwekkingsvermoë luister die regering net nie.
Hy sê selfs met bestaande onafhanklike kragprodusente kan honderde megawatt by die netwerk gevoeg word as die regering net sy regulasies wysig.