AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Boedel-beplanning: Spaarplanne en diëte

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Mense se lewensverwagting word al hoe langer en daarom het hulle al hoe meer spaargeld nodig om ná aftrede van te leef. Om genoeg geld te spaar, gaan harde werk en selfdissipline verg (net soos ’n goeie eetplan).

Mense se lewensverwagting word al hoe langer en daarom het hulle al hoe meer spaargeld nodig om ná aftrede van te leef. Om genoeg geld te spaar, gaan harde werk en selfdissipline verg (net soos ’n goeie eetplan).

Die grendeltyd was nie goed vir my gewig of cholesterol nie. Ter versagting wil ek net noem dit is deels omdat ek nou ’n bobaas-kaneelrolletjie kan bak. (As jy nog nooit ’n kaneelrolletjie geproe het nie, mis jy iets lekkers!) Nadat ek gewig aangesit het, het ek onlangs weer ernstig begin oefen en my vrou laat my ’n dieet van hoenderslaai volg. Die enigste probleem met dié proses is dat ek nou heeltyd honger is.

Danksy my maag wat heeltyd rommel, het ek egter besef dat wanneer jy regtig jou lewenstyl wil verander, moet die verskil wat jy aanbring, jou seermaak. Dit moet as ’t ware jou maag laat rommel. As jy op ’n dieet is en nie honger voel nie, is jy moontlik besig om jouself iewers te bluf. Dit is soos die mense wat by die winkel uitstap met ’n pastei en ’n suikervrye drankie.

’n Dieet as sodanig is selde genoeg. Elke persoon het ’n basisvlak van kilojoules wat hy of sy verbrand deur net asem te haal. Dit hang hoofsaaklik af van jou geslag, ouderdom en huidige gewig. Myne is 12 500 kJ. As ek meer kilojoules inneem, sit ek gewig aan. Wanneer ek minder inneem, verloor ek gewig. Met my huidige dieet neem ek minder kilojoules in en terselfdertyd probeer ons ook my cholesterolvlakke verlaag.

Jy kan egter ook met ’n goeie oefenprogram meer kilojoules verbrand. Om 1 kg gewig te verloor, benodig ’n mens ’n tekort van 29 300 kJ. Jy verbrand 2 000 kJ met elke uur se gesonde oefening. Deur dus jou inname met ’n dieet onder beheer te hou en minstens 14 dae per maand ’n uur lank te oefen, sal jy maandeliks 1 kg gewig verloor.

SPAARdoelwitte

Hierdie beginsels is nie net op diëte van toepassing nie, maar ook op finansiële beplanning en veral wat spaar betref. As jou huidige spaarplan nie jou maag laat rommel en jou seermaak nie, spaar jy nie genoeg nie. Net soos ’n goeie gesondheidsplan het ’n goeie spaarplan ook twee belangrike aspekte.

Die eerste stap is om jou besteding onder beheer te kry. Die meeste mense wat in finansiële moeilikheid beland, het nie daar beland weens hul inkomste nie, maar weens hul uitgawes. Daar was nog nooit so ’n goeie tyd om jou begroting te hersien as tydens hierdie grendeltyd nie. Dit het ons weer met nuwe oë laat kyk na wat regtig nodig en belangrik is.

Sny tot op die been. Sny die vet af tot daar waar dit seermaak. Slegs dan sal jy regtig ’n verskil aan jou finansies maak. Dit help natuurlik nie net om minder uit te gee nie – die surplus geld moet gespaar word.

Dit is uiters belangrik om so vroeg moontlik te begin. Met lewensverwagting wat aan 100 jaar raak, gaan jy net so lank van jou spaargeld moet leef as wat jy gewerk het. Ná die ouderdom van 50 raak dit basies onmoontlik om genoeg vir aftrede te spaar. Dit is dus noodsaaklik om jou kinders te leer om dadelik te begin spaar wanneer hulle ’n inkomste begin verdien.

Net soos jy met jou gewig ’n doelwit behoort te hê, is dit waardevol om ’n spaardoelwit te hê. As jy ’n motor of huis wil koop, is dit ’n goeie doelwit om ’n deposito van tot 30% te kan neersit. Hoe minder jy neersit, hoe groter sal die maandelikse verpligting wees. (Wees versigtig om die termyn te verleng om minder te betaal, want die koste daarvan is aansienlik.)

Die syfers raak beduidend wat spaar vir aftrede betref. Vir elke R4 000 wat jy per maand benodig, moes jy R1 000 000 gespaar het. Indien jy dus ná aftrede ’n maandelikse inkomste van R20 000 wil verdien, het jy kapitaal van R5 000 000 nodig.

Dit gaan harde werk verg, maar dit is die moeite werd. ’n Suksesvolle spaarpoging benodig dus ’n goeie plan. Maak seker jou gewig verminder in die nuwe jaar, maar dat jou spaarplan lekker vet word. 

Adv. Ronald King is hoof van strategiese navorsing by PSG. NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot