Daar is niks so lekker as om iets verniet of ekstra te ontvang nie. In ’n studie ’n paar jaar gelede het kelners ’n lekkertjie saam met die rekening vir klante gegee.
In sekere gevalle het hulle teruggegaan en vir die mense gesê: “Ek mag nie eintlik nie, maar omdat julle sulke wonderlike klante was, is hier nog ’n lekkertjie.”
In ál laasgenoemde gevalle was die fooitjie wat vir die kelner gelos is, aansienlik meer. Hoe belangrik belonings vir almal is, word ook weerspieël in hoe ’n groot deel dit deesdae van opleidingsielkunde uitmaak. Daar word al lank aangevoer dat beloning ’n groter aansporing as straf is.