Vandag gesels ons oor een van die bekendste vooroordele in beleggings, naamlik ons pessimisme-vooroordeel.
Alle mense hou van wen, maar ons haat verloor aansienlik meer as wat ons van wen hou. My dogter is ’n goeie voorbeeld hiervan. Haar vrees dat sy nie goed sal wees in iets nie, maak dat sy nie eens probeer nie. Dit het meer as twee jaar gekos om haar te leer skubaduik.
Dit was nie omdat sy bang was dat iets sal gebeur nie, maar eerder dat sy nie so goed soos haar boeties daarin sou wees nie. Uiteindelik het Geoffrey as duikinstrukteur by Ponta Malongane daarin geslaag om haar vertroue te wen, en nou is skubaduik ál wat sy wil doen.