Die staptog van ses weke, versprei oor drie jaar, deur die Krugerwildtuin strek van Crooks Corner in die noorde tot by die Malelane-hek in die suide. Jy dra alles saam en waar jy die aand kom, slaap jy.
Ons het pas deel drie van Mopani tot by Olifantskop klaargemaak. Dit was verreweg die moeilikste deel tot dusver, maar ook die mooiste. Vir die vorige twee kere is baie goed beplan. Alles is geweeg en ons het presies geweet wat ons inpak. Hierdie keer was daar egter bitter min beplanning, want ons weet mos nou al hoe.
Twee dae voor ons moes vertrek, het ons skielik begin rondval om te kyk wat ons gereël kon kry. Met geldsake is mense dikwels verbaas om te sien hoe swak hul situasie is.