
Daarbenewens sal verskeie ander beesrasse ook deelneem, terwyl die reëlingskomitee onder leiding van adv. De Waal Nigrini met kleinveerasse onderhandel om die skou te ondersteun. ’n Pluimveeskou word ook in die vooruitsig gestel.
Nigrini sê alle biosekerheidsmaatreëls en protokolle sal nougeset toegepas word in die lig van die uitbreking van bek-en-klouseer in dele van die land.
Slegs vee van gebiede wat vry van bek-en-klouseer is, sal toegelaat word.
Maatreëls vir biosekerheid op die skouterrein sal spuithokke, ’n voetdip, ontsmetting van stalle en beddegoed en ondersoeke deur ’n veearts insluit.
Telers wat diere inskryf, sal ook ’n dieregesondheidsverklaring moet voorlê, asook ’n gesondheidsverklaring deur ’n veearts en ’n dokument van identifikasie van die deelnemende diere ingevolge die veediefstalwet.
Navrae: Me. Carla de Kock, 082 447 1650, carla@serfonteinboerdery.co.za